2 Thessalonicense 3:3
‘Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die bose.’
– Onthou, God is volkome betroubaar en vertrouenswaardig.
– Wees bemoedig – want die Here is getrou.
– Hy sal kom om jou te versterk en te bemagtig.
– Hy sal jou met Sy beskerming omring en jou van die bose bewaar.
Gebed: Vader, dankie vir U getrouheid teenoor my. Dankie dat U my kom versterk. Dankie dat U my van die bose bewaar. Mag ek nooit vergeet dat dit U is wat my vashou nie. Amen.