Exodus 14:21
‘Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die Here het deur ‘n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.’
– Die Here werk namens Sy mense om hulle te red.
– Selfs gedurende die ‘nagseisoene’ is God steeds in ons lewens aan die werk.
– Steek jou hand uit oor jou see van moeilikheid en vra God om te beweeg.
– Hy kan die waters kloof en ‘n pad skep waar geen pad sigbaar is nie.
Gebed: Here, vandag plaas ek my situasie en uitdagings onder U almagtige hand. Ek vra U om vir my ‘n wonderwerk te doen terwyl ek U vertrou, selfs wanneer dit lyk asof niks gebeur nie. U sal ‘n pad maak. Amen.