Jesaja 60:1
‘STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.’
– Hou aan om op te staan, jy het rede om verheug te wees.
– Dinge mag probeer om jou af te trek, maar God se guns wag op jou.
– Jy mag dalk geskud wees, maar hier is jy, nogsteeds staande.
– Staan op, en moenie moed opgee nie en laat Sy lig op jou skyn.
Gebed: Here, soms is ek ontsteld, maar ek sal opstaan en skyn, want U lig het op my kom skyn. Depressie of hartseer sal my nie meer aftrek nie, want U is met my en ek sal staan en U lig op my lewe sien skyn. Amen.