Psalm 32:10 (NLV)
‘…maar onfeilbare liefde omring húlle wat op die Here vertrou.’
– Iets baie lonends gebeur wanneer ons op God vertrou.
– Verbeel jou dat die onfeilbare liefde van die Here jou omring.
– Dit is iets wat God wil hê dat ons in ons lewens moet ondervind.
– Sy onfeilbare liefde reik vandag na jou uit.
Gebed: Here, dankie vir U groot en onfeilbare liefde vir my. Ek kies om op U te vertrou en nie op my eie insig staat te maak nie. Ek vra dat U my met U goedertierenheid sal omring. Amen.