Psalm 32:8 (NLV)
‘Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, My oog sal op jou wees.’
– Ons het almal rigting en leiding nodig wat net God kan gee.
– Hy ken elke detail van jou situasie.
– Hy ken die beste roete vir jou om te volg.
– Hy sal jou raad gee en oor jou waak.
Gebed: Here, lei my en wys my die pad wat ek moet gaan. U weet wat die beste keuse en rigting is wat ek moet neem. Ek bid dat U my sal lei, my raad sal gee en oor my sal waak. Amen.