1 Samuel 2:2
‘Niemand is heilig soos die Here nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.’
– Daar is niemand soos die Here op Wie jy altyd kan staatmaak en vertrou nie.
– Hy is jou Almagtige God en jou Ewige Vader.
– Dit is net Hy tot Wie jy, jou kan wend en op Wie jy kan vertrou.
– Bou jou lewe op die Rots en bly weg van sinkende sand.
Gebed: Vader, ek verklaar dat daar niemand soos U is nie. My geloof is in U en in U mag en soewereiniteit oor elke aspek van my lewe. Ek kies om op die Rots te staan, op die vaste Fondament wat U is. Amen.