Jesaja 32:18
‘En My volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.’
– Die Here se planne vir jou is om jou hoop en ‘n toekoms te gee.
– Hy het goeie dinge vir jou opgestoor.
– Hy wil dinge omdraai en Sy vrede en veiligheid vir jou gee.
– Hy wil nou dadelik kom en jou hart met Sy vrede oorstroom.
Gebed: Vader, ek vra dat U my lewe sal intree en U vrede, U veiligheid en U rus in my hart en lewe sal bring. Ek erken dat U die antwoord en die oplossing is waarna ek soek. Amen.