2 Korinthiёrs 12:9
‘…My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring…’
– Die genade wat God jou bied, is genoeg vir jou – dit is al wat jy nodig het.
– Sy genade sal jou dra en onderhou.
– Sy genade is Sy guns en goddelike bystand, voorsiening en ondersteuning.
– In jou swakheid kan jy Hom vertrou en Hy sal namens jou werk.
Gebed: Vader, dankie dat U genade vir my genoeg is. In my swakheid besef ek dat my situasie ‘n geleentheid is vir U krag om in my lewe vertoon te word. Ek bid dat U my sal versterk. Amen.