Eségiël 37:5
‘So spreek die Here Here tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.’
– Die Here kan die mees hopelose situasie neem en dit omdraai.
– Hy wil asem in jou in bring en jou weer laat lewe!
– Hy wil herstel wat almal sê buite hoop is.
– In God se magtige getrouheid wil Hy herstel en nuwe hoop gee.
Gebed: Vader, U ken daardie areas van my lewe wat U herstel nodig het.Ek gee daardie dorre en hopelose situasies aan U en ek vra dat U vir my nuwe lewe, nuwe hoop en die herstel wat net U kan bring, sal bring. Amen.