Psalm 95:7
‘Want Hy is onse God, en ons is die volk van Sy weide en die skape van Sy hand.
– Dit is wonderlik om te weet dat ons ‘n verhouding met die Here kan hê.
– Ons kan met vertroue verklaar dat die Here ons God is.
– Hy sorg vir jou en jy is onder Sy waaksame oog.
– Vertrou op Hom vir alles wat jy nodig het.
Gebed: Vader, vandag kan ek met vertroue sê dat U my Here en my God is. U is my Goeie Herder wat my lei, rig en vir my sorg. Dankie dat ek aan U behoort en dat U my liefhet en vir my sorg. Amen.