Johannes 1:14
‘En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.’
– Dink daaroor: Ons Verlosser het mens geword en met ons kom woon.
– Dit is God se hartsbegeerte om ‘n verhouding met ons te hê.
– Hierdie tyd van die jaar onthou en vier ons hierdie wonderlike Geskenk.
– Mag jy Sy onfeilbare liefde en Sy getrouheid ondervind.
Gebed: Vader, dankie dat U met ons kom woon het en Uself ‘n lewende werklikheid in ons lewens gemaak het. Dankie vir U onfeilbare liefde en U getrouheid teenoor my. Amen.