Lukas 2:7
‘en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.’
– Hierdie is so ‘n besige en gejaagde tyd van die jaar.
– Midde van al die bedrywigheid, laat ons nooit die rede vir die seisoen vergeet nie.
– Ons harte kan die plek wees waar Hy ruimte vind en Homself vir ons werklik maak.
– Sit tyd opsy om vir die Here plek in jou hart te maak – Hy wag.
Gebed: Vader, ek maak die deure van my hart oop en ek nooi U om in my hart te kom lewe. Mag hierdie tyd anders wees, en mag ek U ondervind soos nog nooit tevore nie en mag my lewe as gevolg daarvan verander word. Amen.