Lukas 1:35
‘En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.’
– Op hierdie wonderlike tyd van die jaar vier ons die geboorte van die Seun van God.
– Daardie eerste Kersfees weerklink nog deur die hele geskiedenis.
– Maria het die magtige hand van God op haar lewe ervaar en alles het verander.
– Mag die Heilige Gees oor jou kom en mag God jou met Sy liefde ‘oorskadu’.
Gebed: Vader, ek wil vandag stil raak en die betekenis van hierdie tyd herken. Heilige Gees, kom oor my en mag U krag my oorskadu sodat die vreugde van U geboorte vir my ‘n ewige werklikheid sal word. Amen.