Psalm 31:8
‘Ek wil juig en bly wees in U goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het.’
– Daar is niks wat jy nou deurgaan wat God nie van weet nie.
– Instede van angs en hartseer, wil Hy jou met Sy vreugde vul.
– Dink eerder aan Sy onfeilbare liefde instede daarvan dat jy op die negatiewe fokus.
– Hy weet, Hy gee om, Hy het jou lief en Hy sal getrou aan jou wees.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U alles van my weet en dat U vir my omgee. Ek kies om vreugde in U blywende liefde te vind en ek weet dat U oor my waak. Amen.