Johannes 14:27
‘Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle;’
– Daar is baie dinge in die lewe wat ons vrede kan versteur en ons van ons vrede kan beroof.
– Ware innerlike vrede is nie moontlik tensy ons dit van die Vredevors ontvang nie.
– Te midde van al die woelinge, spreek HY vandag vrede in jou lewe in.
– Ontvang Sy vrede, en moenie probeer om jou uit die probleem te bekommer nie.
Gebed: Vader, ek kom vandag na U toe en ek wil U my probleme en bekommernisse gee en die geskenk van vrede ontvang wat net U kan gee. Ek gryp daardie vrede aan en ek ontvang U en die vrede wat U my aanbied. Amen.