‘en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,’
– Ons moet Sy blydskap in ons lewens ken en ervaar.
– Sy blydskap in ons harte en lewens gee ons die krag wat ons op ‘n daaglikse basis nodig het.
– Moenie neerslagtig en bedroef wees nie, want die vreugde van die HERE is jou krag!
– Laat sy blydskap kom en jou hart en lewe nou dadelik vul.
Gebed: Vader, ek kies om bo die dinge en sorge van die lewe uit te styg en ek kies U blydskap bo my eie houding in my situasie. Vul my met U blydskap, sodat ek versterk sal word en U planne en doele vir my lewe sal kan vervul. Amen.