‘as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie,’
– Twyfel is een van die dinge wat ons van ons vertroue in die Here kan beroof.
– Twyfel en ongeloof gaan dikwels hand aan hand.
– Moenie toelaat dat jy in twyfel en ongeloof wegdryf nie.
– Staan vas, rus sekuur en glo met jou hele hart, siel, denke en krag.
Gebed: Vader, ek weerstaan alle twyfel en ongeloof wat in my hart en lewe voor kom. U is my hoop en vertroue, en ek sal daarin sekuur rus en met verwagting en versekering gevul wees. Amen.