‘gewortel en gebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.’
– Ons lewens moet gebou word op iets wat sekuur en ewig is.
– Dit is die Here op wie ons, ons lewens, hoop en toekoms kan bou.
– Ons verhouding met Hom behoort te groei.
– Laat jou wortels diep groei en laat jou lewe op Hom, die sekuur fondasie, gebou word.
Gebed: Vader, dank U dat ek U as my persoonlike Here en Verlosser kan ken. Ek kies om my lewe op U te bou, as die rots waarop ek kan staan, en mag my wortels diep en sekuur in my verhouding met U groei. Amen.