‘En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.’
– Ons kan die manier waarin en die houding waarmee ons leef self kies.
– Ons kan onsself met woede en geweld beklee, of ons kan onsself met liefde beklee.
– Ons kan staan op ons regte of ons kan Sy liefde verprei.
– Beklee jou met liefde en maak daardie kwaliteitsbesluit om Sy liefde te weerspieël en wees ‘n seën vir ander.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek myself soms met die verkeerde houding beklee. Mag ek van vandag af my lewe anders leef, terwyl ek kies om met ‘n hart vol liefde teenoor ander op te tree! Amen.