Matthéüs 11:28
‘Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.’
– Ware rus kan net gevind word in die Een wat jou rus kan gee.
– Daar is soveel dinge in die lewe wat ons kom beroof van die rus wat Hy vir ons het.
– As daar iets in jou lewe is wat onrus veroorsaak, raak ontslae daarvan.
– Laat Hom jou alles in alle opsigte wees en ontvang die rus wat Hy vir jou wil gee.
Gebed: Vader, ek kies U en ek bring U my moeë en las belade hart. U is die enigste Een wat my die rus kan gee wat my siel begeer. Ek los daardie dinge wat my dreineer en neerdruk en ek aanvaar U en die rus wat U my aanbied. Amen.