‘Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.’
– Daar is iets baie spesiaal omtrent jou!
– Jy is Sy kind en as sulks behoort jy aan die lig en nie aan die duisternis nie.
– Jy is nie net ‘n produk van die tyd of die wêreld waarin jy leef nie.
– Jy is ‘n produk van Sy lig, laat die donkerte dus vlug en laat Sy lig jou siel oorstroom.
Gebed: Vader, dank U dat ek U kind kan wees. Ek kies om in U lig te leef en om enige vorm van donkerte te vermy. Amen.