‘N TYD VAN HERSTEL

‘N TYD VAN HERSTEL

Inleiding:
– Ons leef in interessante dae.
– Daar gebeur verskillende dinge dwarsoor die wêreld en dikwels is dit dinge wat kommerwekkend kan wees!
– Baie individue gaan deur moeilike seisoene.
– Maar God het iets nuuts, en ek glo dit is ‘n tyd van herstel.
– ‘n Seisoen waartydens Hy herstelwerk sal doen.
– Ek het ‘n e-pos van ‘n vriend ontvang wat skryf en sê dit voel of hy die afgelope paar jaar in ‘n ‘geloofskool’ was en dinge was uitdagend.
– Dit is gedurende hierdie ‘geloofskool’-seisoene dat ons leer om op God te vertrou en aan Hom vas te hou.
– Dit is geloof wat God beweeg, en ons kan uitsien na die werk van herstel wat Hy in ons lewens wil doen.

1. OORSPRONKLIKE TOESTAND 
– Die doel van restourasie is om iets na die oorspronklike toestand terug te bring.
– Die lewe veroorsaak dat ons deur dinge gaan wat ons toestand affekteer en dit weerhou ons weer van wat God vir ons beplan het.
– God wil ons lewens herstel sodat ons weer vir Sy planne vir ons lewens op koers geplaas kan word.
– Slegs God kan dit doen.
– Net God kan alles wat ons deurgemaak het neem en die skade ongedaan maak sodat Hy ons kan herstel tot alles wat Hy bedoel het dat ons moet wees.

2. WAT DIE SPRINKANE GEVREET HET
Joël 2:25 ‘En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het …. ‘
– Wanneer God herstel, kan Hy al die jare wat verlore of gevreet is, neem en dit aan ons terug gee.
– Sprinkane werk op ‘n bepaalde manier. Hulle swerm in hul duisende en sak met militêre presiesheid op die oes af en in ‘n baie kort tydtjie saai hulle verwoesting en vernietiging in alle moontlike rigtings. 
– Dit is presies wat in ons lewens kan gebeur en baie mense wat deur so ‘n ervaring is, kan hiermee identifiseer.
– Maar God kan grootskaalse vernietiging ongedaan maak en dinge na hul oorspronklike toestand terugbring.

3. HERSTEL NIE VERVANG NIE
– Ons mag soms dink dat God nie herstel wil bring nie, ons dink dan dat Hy net ‘n plaasvervanger sal bring.
– Ek is oortuig dat God wil herstel en nie bloot vervang nie.
– As ons na die verhaal van Moses kyk, kan ons sien hoe God werk. God het ‘n plan vir Moses gehad. God wou Moses gebruik om vryheid en verlossing aan die volk Israel te bring. Moses het egter foute gemaak en uiteindelik vir jare en jare in die woestyn rondgehardloop. Toe dit gebeur het, het God nie bloot ‘n plaasvervanger ingebring om die werk te doen nie. Mettertyd het Hy Moses teruggebring en die nasie Israel was vry.
– Neem kennis, God het Moses herstel; Hy het hom teruggebring, uit die duisternis en hom gebruik net soos Hy dit bedoel het.
– Dit is hoe God werk.
– Dit is God se manier, Hy herstel, Hy vervang nie net nie.

4. ‘N LEEFTYD IN ‘N PAAR JAAR
– Dit is wat wonderlike omtrent God is.
– Wanneer God herstel, kan Hy ‘n leeftyd neem en dit in ‘n paar kort jare plaas.
– Dit gee my altyd hoop.
– As jy tyd gemors het en tyd spandeer het aan dinge wat jou van dit wat God vir jou gehad het beroof, is daar hoop.
– Wanneer ons God toelaat om ons lewens te herstel, kan ons uitsien dat hierdie einste ding in ons lewens sal gebeur.
– Dit is hoekom dit nooit te laat is met God nie.
– Ons het ons nooit te ver gedistansieer of is te ver weg vir God om Sy doelwitte in ons lewens te herstel nie.
– God kan dit doen!

5. LEWE
– Nog ‘n definisie van die term herstel is die konsep om weer lewendig te maak.
– Dit is net dit wat God vir ons wil doen.
– Hy wil Sy lewe in ons herstel.
– Dit is asof God nuwe lewe in ons lewens wil inblaas.
– Soms, terwyl ons deur die lewe wandel, sterf ons aan die binnekant.
– Ons mag fisies lewendig wees, maar ons weet dat daar aan die binnekant ‘n mate van doodsheid is.
– Dit kan die gevolg wees van baie dinge, insluitend die dinge wat ons deurgegaan het of die dinge waaraan ons blootgestel is.
– Maar God is die Bron van lewe. Hy wil die lewe vir ons herstel, sodat ons werklik van binne vir God lewend kan wees.

6. HERSTEL EN GEBROKENHEID
– Hierdie kan ‘n moeiliker konsep wees. Kom ek gee jou ‘n voorbeeld: wanneer ons meubels restoureer, behels dit verskeie stappe.
– 1. Ons moet eers die meubels uitmekaar haal.
– 2. Ons moet al die jare se slytasie wegstroop.
– 3. Dan kan ons nuwe materiaal byvoeg en alles weer aanmekaar sit.
– Miskien klink dit nie vir ons na ‘n baie goeie ervaring nie, maar die realiteit is dat dit baie lonend is aangesien die ware skoonheid en glorie van die stuk na vore gebring word.
– Soms is daar in die proses van herstel die element van gebrokenheid. Sommige goed word verwyder, maar meeste goed moet bly.
– Dit is iets wat ons moet omhels en nie verwerp nie aangesien God iets wonderlik doen.

7. DIE DOEL
– Net soos in die natuurlike wanneer ons meubels restoureer, is daar ‘n doel.
– Restourasie is deel van die proses om iets voor te berei vir verdere en toekomstige gebruik. Ons restoureer nie ‘n meubelstuk om dit in die motorhuis te bêre nie. Ons restoureer meubels om dit te gebruik en bring dit uit die duisternis en gee dit waarde en ‘n doel.
– Dit is net dieselfde in ons geestelike lewens.
– God het ‘n plan en doel vir elkeen van ons en Hy wil herstel bring sodat Hy ons kan gebruik, net soos Hy bedoel het.
– Sodra ‘n meubelstuk gerestoureer is, kan dit vervang word in ‘n posisie van prioriteit en sigbaarheid.
– Dit is presies wat God met my en jou wil doen

8. WAT WORD HERSTEL?
– Nie enige ou meubelstuk word gerestoureer nie!
– Gewoonlik is dit net meubelstukke wat waarde het wat geneem en gerestoureer word. Hulle word herstel omdat hulle die moeite werd is.
– Jy is die moeite werd vir God om herstel te word.
– Ek en jy het groot waarde vir God en Hy wil elkeen van ons herstel en gebruik. Onthou, jy is waardevol en kosbaar vir God en Hy het jou innig lief.
– Mag die herstellende krag van die lewende God ‘n werklikheid in jou lewe wees.
Matthéüs 6:26 ‘Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?’

Deur: Pastoor Andrew W. Roebert
Hierdie notas mag gedeel word met ander.

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010