Psalm 143:10
‘Leer my om U welbehae te doen, want U is my God. Laat U goeie Gees my lei in ‘n gelyk land.’
– Dit is so belangrik dat ons God vra om ons te lei en dat ons van Sy leiding afhanklik sal wees.
– Terwyl ons die aansporings van Sy Gees volg, beweeg Hy ons vorentoe.
– Hy wil ons van heerlikheid tot heerlikheid en van krag tot krag neem.
– Waar Hy lei, bring ons na gelyk grond en ‘n plek waar ons kan vasstaan.
Gebed: Vader, leer my asseblief om U wil te doen en te volg. Help my om nie net te doen wat ek dink die beste is nie, maar help my om te doen wat U weet die beste vir my is. Lei my vorentoe en mag ek weet wat dit beteken om veilig in U te staan. Amen.