Filippense 1:3
‘EK dank my God elke maal as ek aan julle dink —’
– Die Here bring mense in ons lewens wat vir ons ‘n bron van seën is.
– God gebruik individue om ons lewens aan te raak en die las te lig.
– Dink aan almal wat jou op jou pad gehelp het en wees dankbaar.
– Wees ‘n seën vir ander, sodat hulle dankbaar sal wees wanneer hulle jou onthou.
Gebed: Vader, dank U vir diegene wat U in my lewe ingebring het om vir my ‘n hulp en aanmoediging te wees. Mag my lewe ook ‘n bron van seën vir ander wees terwyl ons U saam dien en eer. Amen.