‘Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, ….’
– Die Here het unieke en spesiale skatte in elkeen van ons geplaas.
– Hierdie skatte is gawes wat Hy in ons lewens geplaas het.
– Hierdie gawes is ontwerp om ‘n seën vir ander mense en vir Hom te wees.
– Moenie jou gawe wegsteek nie, laat dit skitter en die seën wees wat God dit bedoel het om te wees.
Gebed: Vader, dankie vir die gawes en talente wat U in my lewe geplaas het. Mag ek ywerig en getrou wees om hierdie gawes te ontwikkel en te gebruik tot U eer en heerlikheid. Amen.