Psalm 27:13
‘o, as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie…’
– Om aan die Here vas te hou gee ons ‘n rede om nie hoop te verloor nie.
– Die lewe kan ons rede gee om te wanhoop, maar God gee ons rede om te glo.
– Jy kan lewe met die vertroue dat jy Sy goedheid sal sien.
– Hou aan om te glo, moenie moedeloos raak nie, die Here is nog nie klaar met jou nie.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te glo dat ek U goedheid in hierdie lewe sal sien. Ek kies om geloof en vertroue in U te hê. U is my vaste fondament en U sal my vashou en my help totdat ek die goedheid sien waarvoor ek op U vertrou. Amen.