Psalm 33:22
‘Laat U goedertierenheid, Here, oor ons wees net soos ons op U wag!’
– Een ding waarvan jy seker kan wees, is dat SY liefde vandag met jou is.
– Net die wete dat Sy onfeilbare liefde met ons is, gee ons rede om Hom te vertrou.
– Ontvang Sy liefde terwyl jy weer jou hoop vir hierdie nuwe dag, op Hom plaas.
– Verwag Sy liefde en guns teenoor jou, omdat Hy jou getroue God is.
Gebed: Vader, ek wil hierdie oomblik gebruik om weer my hoop en vertroue in U te plaas. Mag U onfeilbare liefde my omring, op my rus en ‘n lewende werklikheid in my lewe wees. Amen.