Psalm 71:5
‘Want U is my verwagting, Here Here, my vertroue van my jeug af.’
– Ons verhouding met die Here kom en gaan nie, dit hou lewenslank.
– Soos wat jy God in die verlede vertrou het, vertrou Hom ook vir vandag en môre.
– Laat die Soewereine Heer jou hoop en jou vertroue wees.
– Hy is met jou en Hy sal jou al die dae van jou lewe dra.
Gebed: Vader, dit is ‘n wonderlike voorreg om U elke dag van my lewe te vertrou. Ek plaas my vertroue vandag opnuut in U. U is my hoop en U is my vertroue en ek sal in U rus. Amen.