Psalm 37:8b
‘wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.’
– Wanneer ons toornig, bekommerd en benoud raak, veroorsaak dit net probleme.
– Wanneer ons wêreld omgekeer word, is dit maklik om te begin stres.
– Om jou te kwel mag dalk lyk na ‘n natuurlike ding om te doen, maar God sê vir ons om nie bekommerd te wees nie.
– Jou situasie is nie groter as wat God kan hanteer nie.
Gebed: Vader, ek kies om op U te vertrou en om op U magtige arm en U sterk hand staat te maak om my te dra en te onderhou. Ek verwerp alle twyfel, vrees en toornigheid. Ek glo U Woord en pas dit op my lewe toe. Amen.