Psalm 130:7
‘Wag op die Here, …! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;’
– Om op die Here te wag is om ons hoop en vertroue op Hom te plaas.
– Daar is vele redes om op die Here te vertrou.
– Jy kan Hom vertrou, omdat Hy jou met ‘n onvoorwaardelike liefde, lief het.
– Jy kan Hom vertrou, omdat Hy in jou lewe wil intree en jou wil red.
Gebed: Vader, ek sal op U vertrou en ek sal nie vrees nie. U is my Here en Verlosser en dus sal ek vertrou op U en die hoop wat U my bied, terwyl ek die toekoms tegemoet gaan. Amen.