Génesis 32:27
‘En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.’
– Die Here ken jou naam en Hy sorg individueel vir jou.
– Hy het ‘n plan en doel wat Hy net vir jou voorberei het.
– Hy wil jou op jou naam noem en vir jou sê dat jy aan Hom behoort.
– Onthou dus, dat jy ‘n persoonlike en diepgaande verbintenis met God het.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U alles omtrent my weet, my naam ingesluit. As U kind is ek nie ‘n vreemdeling vir U nie, maar U is my Here, Verlosser en my Goeie Herder. U sorg vir my dus kan ek in U rus. Amen.