Lukas 2:11
‘dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.’
– Vandag is ‘n spesiale dag waar ons die koms van die grootste Geskenk ooit, onthou.
– Christus die Here is gebore, en vandag het ons groot vreugde en groot hoop.
– Sy koms het groot vrede meegebring omdat Hy die Vredevors is.
– Die Verlosser, Christus die Here is vir jou gebore – net vir jou.
Gebed: Here, dank U vir hierdie spesiale oomblik wanneer ek net kan stilstaan en aan die grootste waarheid kan dink. U het onder ons kom woon sodat ons U aanwesigheid en lewensgoedertierenheid in ons lewens en vir ewig kan ken. Amen.