Filippense 4:4
‘Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!’
– Daar is altyd iets waarvoor ons dankbaar en bly kan wees.
– Ons moet op God se goedheid fokus en nie op die negatiwiteit rondom ons nie.
– Laat vandag ‘n dag van dankbaarheid wees en ‘n dag om in Sy liefde en goedhartigheid verbly te wees.
– Kom ons verwag Sy goedheid, vier Sy getrouheid en wees BLY!
Gebed: Vader, dank U dat ek myself vandag aan U goedertierenheid en getrouheid teenoor my kan herinner. Ek kan op U goedheid fokus en ek kan my met vertroue in U verbly. Amen.