‘….: HEILIG AAN DIE HERE.’ (Toegewy aan die HERE)
– Jou lewe is ontwerp om aan die Here toegewy te wees en deur Hom gebruik te word.
– Jou bestaan is geensins ‘n fout nie – dit is deel van God se plan.
– Daar is iets heiligs omtrent jou lewe, iets wat goddelik is.
– Moenie besmet word nie, maar wees vir Sy gebruik en Sy doele ‘apart gestel’.
Gebed: Vader, dankie dat my lewe betekenis en ‘n doel in U het. Ek kies om ‘heilig en aan U toegewyd’ te wees, my Here en my God. Amen.