2 Thessalonicense 3:16
‘En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse!…’
– Vrede is ‘n geskenk van God wat Hy wil hê ons moet ondervind en geniet.
– Hierdie vrede vloei uit ons verhouding met Hom.
– Die vyand van ons siele sou ons graag verontrus en angstig wou sien.
– Maar God wil hê dat ons Sy vrede te alle tye en in elke situasie moet ken.
Gebed: Vader, dank U dat U die Vredevors is. U gee my U vrede as ‘n geskenk sodat ek nie hoef te stres of oor enigiets bekommerd te wees nie. Gee my die wysheid wat ek nodig het om dinge reg te hanteer en my lewe te alle tye en in elke situasie, met U vrede te vul. Amen.