Daaglikse Bybel Vers: Génesis 21:33
‘En hy (Abraham) het ‘n tamarisk in Berséda geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.’
– Soms het ons nodig om te wag en dan die naam van die Here aan te roep.
– Abraham het gestop, ‘n boom geplant, en God aangeroep.
– Onthou die Ewige God is jou skuilplek.
– Die Here is net ‘n gebed van jou af weg en Hy hoor ons wanneer ons Hom aanroep.
Gebed: Vader, ek wil hierde oomblik stop en U aanroep. Ek gee U my situasie en die sorge en bekommernisse wat ek dra, want U is die Ewige God by wie ek beskerming kan soek. Amen.