2 Korinthiërs 4:16
‘DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.’
– Ongeag hoe jy voel, jy hoef nie moed op te gee nie.
– Die Here vernuwe jou daagliks van binne af.
– Daarom sal jy alles hê wat nodig is om jou deur te dra.
– Moenie moed verloor nie, verwag eerder vandag Sy vernuwende krag.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U elke dag my lewe opwek, verfris en vernuwe. Al voel ek moeg en ouer in my liggaam, kan my gees nog elke oggend U vreugde en krag opnuut ken. Amen.