Psalm 139:17-18
‘Hoe kosbaar is dan vir my U gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand;…’
– In God se volmaakte liefde is Sy gedagtes vir jou eindeloos.
– Sy liefde en omgee vir jou is meer as wat jy jou ooit kan verbeel.
– Jy is waardevol en kosbaar vir God en Hy het jou innig lief.
– In Sy volmaakte liefde vir jou sal Hy vir jou sorg.
Gebed: Vader, as ek al die sandkorrels op die aarde kon tel, sou dit nooit meer as U gedagtes teenoor my wees nie. Dit is so wonderlik dat ek daardeur nederig gemaak is. Mag ek nooit vergeet of perspektief verloor van hoe lief U my waarlik het nie. Amen.