‘……, en spreek julle die rots aan voor hulle oë, dan sal hy sy water gee.’
– Jy vind jouself dalk vandag in ‘n moeilike situasie.
– Wat is die berg, struikelblok of rots wat vandag voor jou staan?
– Praat met daardie situasie en herinner dit dat God nog in beheer is.
– Moenie dinge in jou eie hande neem nie, laat God die antwoord bring.
Gebed: Vader, U ken die situasies en omstandighede wat ek vandag moet hanteer. Ek herinner myself dat niks vir U te moeilik is nie. Ek bid dat U die wonderwerk waarvoor ek U vertrou, sal doen. Amen.