‘En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; ….’
– Jérigo was ‘n groot en magtige stad wat oorwin moes word.
– Terwyl Josua oor hierdie uitdaging gepeins het, het die Here voor hom verskyn.
– Waar jy dit wat voor jou lê, bepeins, maak jou oë oop en sien die Here voor jou.
– Die Here sal Homself openbaar, as jou baie teenwoordige hulp in tye van nood.
Gebed: Here, ek maak staat op U, my Here, my Verlosser en my Getroue Vriend. Ek sal nie na die probleme en uitdagings kyk nie, ek sal my oë op U gerig hou en ek sal U by my sien staan. Amen.