‘Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.’
– Rut was ‘n spesiale vrou wat haar skoonmoeder se lewe binne gekom het.
– Sy was ‘n lojale mens, wat God se guns en seën oor haar lewe gedra het.
– Die Here het haar as ‘n seën in n ander mens se lewe in gebring.
– Die Here wil mense (seëninge) in jou lewe in bring – open jou hart.
Gebed: Vader, ek open my hart en my lewe om die seëninge wat U vir my het, te ontvang. Help dat ek en my vooropgesette idees nooit die seëninge wat U in my lewe wil bring, sal blokkeer of verwerp nie. Amen.