‘want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.’
– Jy kan die Here vertrou vir Sy goddelike beskerming oor jou lewe.
– Elke aspek van jou lewe is vir God belangrik.
– Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.
– Sy belofte is ‘n belofte van beskerming en dit behoort jou te troos.
Gebed: Vader, dank U vir die wonderlike wyse waarop U belowe om vir my te sorg. Wanneer ek vrees, mag ek onthou dat U steeds vir my omgee en dat U my sal beskerm, bewaak en lei. Amen.