‘Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.’
– Die Here is jou persoonlike Herder.
– Hy sal jou voortdurend liefhê, na jou omsien, versorg en oor jou waak.
– As Sy kind behoort jy aan Hom en HY sorg vir dit wat aan Hom behoort.
– Jy is belangrik vir God, gaan dus voort met Sy krag.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat omdat U my Here is, U ook my Herder is en dat U vir my sorg. Ek weet dat omdat U met my is, het ek alles wat ek nodig het. Amen.