‘In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.’
– Wanneer jy jou oë oopmaak en ‘n nuwe dag sien moet jy weet dat dit ‘n geskenk is.
– Wanneer die lig van ‘n nuwe dag breek, weet dat jy My weer kan aanroep.
– Wanneer alles vars is en nuwe hoop verrys, reik uit en Ek sal daar wees.
– Verwag elke dag My seën en guns, en lewe in afwagting.
Gebed: Vader, dankie vir nog ‘n dag, ‘n nuwe dag, en nuwe genade en seën. Ek bring U my versoeke en lê hulle aan U voete neer, met verwagting en vertroue in U goedheid teenoor my. Amen.