‘Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.’
– Die Here is die Een wat sterk en magtig is.
– Ons hoef dit nie in ons eie krag te doen nie, ons kan op die Sterk en Magtige Een vertrou.
– Ongeag die stryd, Hy bring die oorwinning.
– Ons kan dus bly wees omdat ons ‘n magtige God aan ons kant het.
Gebed: Vader, ek maak my hart nou oop vir U, en ek ontvang U krag, U mag en U oorwinning oor die veldslae waarmee ek vandag te kampe het! Amen.