‘ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.’
– Besef jy dat die Here jou met ‘n onfeilbare liefde, lief het?
– Sy liefdevolle toewyding aan jou ken geen perke nie.
– Jy kan op Sy onfeilbare liefde vertrou, staatmaak en daarop reken.
– Sy onfeilbare liefde gaan vir ewig aan, en sal nooit uitgeput raak nie.
Gebed: Vader, ek plaas my vertroue en my afhanklikheid in U onfeilbare, U konstante en U onuitputlike liefde vir my. Ek sal vertrou en nie vrees nie. Amen.