‘My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.’
– Die Here is die sterkte van jou lewe.
– Die fout wat ons begaan is om alles in ons eie krag te probeer doen.
– Daar is tye wanneer ons net moet wag totdat HY ons situasie binnetree.
– Hy bly getrou, en jy kan HOM en die krag wat Hy jou gee, aangryp
Gebed: Vader, dankie dat ek U in elke stadium van my lewe kan vertrou. Ek kyk op na U en erken dat U die krag is wat ek nodig het. Betree my lewe en maak u krag my werklikheid. Amen.