‘Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig’
– Die uiteindelike bron van alle lewe is in God self te vinde.
– Die werklike lewe en om werklik te kan lewe sal slegs gebeur as ons hierdie fontein ontdek.
– In die wêreld word ons deur soveel duisternis omring, maar Hy is ons lig.
– En omdat Hy ons lig is, kan ons selfs in die duisternis sien.
Gebed: Vader, dankie dat U my ‘fontein van die lewe’ is. In U kan ek vind wat ek nodig het om te floreer en in oorwinning te leef. U is my lig en my redding, wie sal ek vrees? Amen.