‘Help my, Here my God, red my in u troue liefde,’
– Jy kan die Here aanroep en Hom vra vir hulp, ongeag die situasie.
– Hy sal jou help; Hy sal jou omsingel en beskerm, en Hy sal jou bystaan.
– Sy onfeilbare liefde en toewyding sal altyd daar wees vir jou.
– Sy krag en liefde is nou vir jou beskikbaar, roep Hom dus aan.
Gebed: Vader, dankie vir u oneindige liefde en sorg vir my. Dankie dat U altyd gereed en bereid is om my te help .Op hierdie oomblik vra ek dat U sal help, om my te red en my op te rig. Amen.