‘U is my hulp en my redder; Here, vertoef tog nie!’
– Die Here is jou verlosser en jou Helper.
– ‘n Verlosser is iemand wat jou red van skade of gevaar.
– ‘n Helper is iemand wat langs jou kom om jou te help en by te staan.
– Die Here wil al hierdie dinge vir jou wees, en nog meer – vertrou Hom!
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan ken as MY Verlosser en Helper. Ek vertrou op U om my te help en te verlos. Moenie uitstel nie, kom help my, want ek vertrou op U vir alles wat ek nodig het. Amen.